5 Sept 2014 – Johnny Lee

Deel die inligting!

TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.  
Hierdie Vrydag deel Johnny Lee sy besonderse getuienis met ons.
“Johnny is gebore op 5 November 1956 in H ong Kong. Weens verskeie omstandighede raak hy op ‘n jong ouderdom op groot skaal betrokke by bendegeweld , misdaad en die bo-natuurlike wereld van die okkulte. Deur die genade van God kom hy op ‘n stadium tot die besef dat Jesus meer bied as die krag van die okkultiese wereId en maak hy’n oorgawe aan Jesus.
Hy is die skrywer van die eerste Chinese kinderbybel, speel ‘n sleutelrol in die ondergrondse kerk in China en is al vir oa 23 jaar
betrokke in die verspreiding van Christelike literatuur in die ondergrondse kerk van China.”
Moet dit nie misloop nie.
Kennisgewings
Kamp – elektroniese vorm
Let asseblief dat wanneer julle die e-pos met die ingebedde vorm voltooi, moet julle eers Reply in jul e-pos applikasie kliek ten einde die dokument te kan voltooi. Kliek dan weer op die applikasie se Send funksie om aan te stuur.
Laat weet gerus, ek help graag.
Die afsnypunt vir terugvoer is Vrydag 12 September , aangesien elke man van kursus lektuur en musiekbundels voorsien moet word. Die spyseniering benodig ook genoegsame waarskuwing.
Baie dankie vir almal wat reeds reageer het.
Kamp – besonderhede:
Wanneer:                   19 tot 21 September
Waar:                         Boegoeberg(http://www.boegoeberg4x4.co.za/)
Gasspreker:                Henry Jackson gesels oor “Priester, Profeet en Koning “
                                   https://www.facebook.com/henry.jackson.7946?fref=ts
Koste:                         R400.00
Betaling:                    Betaling na Durbanville Bergsig.
                                   Bank                            ABSA
                                   Rekeningnommer       141 059 0154              
                                   Takkode                      334 810
                                   Verwysing                   TGIFKamp + Lidnommer (lidnommer soos per elektroniese vorm)
E-pos asseblief jou bewys van betaling na Gerhard Swanepoel by durbanville@tgifsa.co.za
 
Die betaling sluit in jou ontbyt vir die Saterdag en Sondag sowel as ’n spitbraai die Saterdagaand.
Vorige getuienisse:
Kyk gerus op die webtuiste https://tgifcape.co.za/ vir opnames (aflaaibaar in mp3 formaat) van vorige getuienisse en deel die Goeie Nuus.
Sien julle Vrydag!
Seën
Gerhard
  
Gebed en beradingskontak
  
Lourens:  082 339 7728
Oswald :  079 108 9697   
 
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:  
 
Rek Naam:  NG Kerk Bergsig
Verwysing:  TGIF
Bank:  ABSA
Takkode:  334810
Tipe Rek:  Lopende
Nommer:  141 059 0154

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *