TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.
Hierdie Vrydag gesels Christo Walters met ons. Hier volg ’n kort uittreksel uit sy getuienis:
“Ek is ‘n Interkerklike, Sendingmobilseerder vir meer as 20 jaar lank . Ek vestig my aandag op die 2 lande met die meeste onbereikte Mense-groepe nl. Indië met 2029 groepe en Sjina met 413 Etniese Minderheidsgroepe wat meer is as ‘n 100 miljoen mense is. SA gemeentes en sakemanne word ge-envisioeneer om vennote te word van inheemse sendelinge om daardie Onbereikte groepe te bereik.Daar is 2 Gateways in plek geplaas om die inisiatiewe te fassilliteer nl. Glad Tidings to Indië ( GTI ) en Gateway to China ( GTC ).”
Kennisgewings
Kamp – elektroniese vorm
Let asseblief dat wanneer julle die e-pos met die ingebedde vorm voltooi, moet julle eers Reply in jul e-pos applikasie kliek ten einde die dokument te kan voltooi. Kliek dan weer op die applikasie se Send funksie om aan te stuur.
Laat weet gerus, ek help graag.
Die afsnypunt vir terugvoer is Vrydag 12 September , aangesien elke man van kursus lektuur en musiekbundels voorsien moet word. Die spyseniering benodig ook genoegsame waarskuwing.
Baie dankie vir almal wat reeds so goed reageer het.
Kamp – besonderhede:
Wanneer: 19 tot 21 September
Waar: Boegoeberg(http://www. boegoeberg4x4.co.za/)
Gasspreker: Henry Jackson gesels oor “Priester, Profeet en Koning “
Koste: R400. 00
Betaling: Betaling na Durbanville Bergsig.
E-pos asseblief jou bewys van betaling na Gerhard Swanepoel by durbanville@tgifsa.co.za
Die betaling sluit in jou ontbyt vir die Saterdag en Sondag sowel as ’n spitbraai die Saterdagaand.
Vorige getuienisse:
Kyk gerus op die webtuiste https://tgifcape.co.za/ vir opnames (aflaaibaar in mp3 formaat) van vorige getuienisse en deel die Goeie Nuus.
Sien julle Vrydag!
Seën
Gerhard
Gebed en beradingskontak
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:
Rek Naam: NG Kerk Bergsig
Verwysing: TGIF
Bank: ABSA
Takkode: 334810
Tipe Rek: Lopende
Nommer: 141 059 0154