Dit is vir my ’n voorreg om Vrydag oggend met julle te praat en iets uit my hart met julle te deel. As ’n wedergebore man, en iemand wat die Here se hand op my lewe gesien het, ook te midde van my tyd in ’n spesialis-eenheid.
- God roep gewone mense vir buitengewone opdragte
Ek was ‘n jong man toe God my in 1981 uit genade gered het. Hy het nie ʼn perfek geslypte instrument gesoek nie, Hy het net ʼn gewillige hart gesoek. Hy gebruik manne met moed, manne wat bereid is om lig te dra in plekke waar duisternis regeer. Ons lewe is deel van ’n groter roeping.
- Sy beskerming is sterker as enige vyand
Daar was tye in my loopbaan waar die kans teen my was, maar elke keer het ek beleef: God se hand het my gedra waar geen menslike krag jou kan hou nie. Geen kartel, geen bedreiging, geen vyand is groter as die God wat ons dien nie. Het elke keer besef ek staan nooit alleen nie.
- Jou roeping is groter as jou rang, jy dra hoop in ʼn wêreld wat geen meer hoop het nie
As ʼn lid van ʼn spesialis eenheid het ek misdaad beveg, maar as ʼn wedergebore man het ek hoop gedra. Jou roeping as man, vader, leier en gelowige is groter as jou posisie. Jou familie, en mense kyk na jou lewe, karakter, jou dissipline en jou geloof wat jou familie en ʼn generasie kan verander. Paulus skryf in 2 Kor 2: “Julle is ons brief, geskrywe in ons harte, geken en gelees deur alle mense. Mense lees nie DIE Bybel nie maar wel ons lewens.
Mag hierdie woorde jou herinner aan die waarde, roeping en krag wat in jou lê. Ek sien uit daarna om Vrydag saam met julle sterk te staan.