8 Julie 2016 – Jacques Malan

Deel die inligting!

Jacques se visie is die oprigting van baie leiers en mentors wie God eerste raaksien.

Jacques is gebore en het grootgeword op Swellendam in die Overberg.  Hy doen na skool sy 2 jaar diensplig in die Weermag en in 1987 eindig hy op in Ruacana in die ou “Suid-Wes Afrika” (Namibia) bosoorlog met SWAPO. Na diensplig sluit hy aan by die Suid-Afrikaanse Polisie en na 16 jaar diens bedank hy met die rang van Kaptein.  Vir 6 jaar doen hy privaat sekeriteits werk in die Midde Ooste en ander hoë risiko en oorlog geteisterde lande (onder andere – Irak, Jordanië, Yemen, Indonesië)

In 2012 oortuig die Heilige Gees hom om voltyds in die bediening te werk en met ‘n baie spesifieke taak: verspreiding van die Goeie nuus deur ;eiers van die land op te rig in hulle posisies deur hulle te onderrig en toe te rus.  Sy geestelike gawes, en waar God hom tans gebruik, is onder andere sterk profetiese bediening, ‘healing’ en “teaching” gawes. Hy mentor vele leiers regoor SA en stap ‘n baie spesiale en spesifieke pad met evangelis Johnny Louw en gospel sanger William Loedolff. Hulle opereer in ‘n span soos God hulle wil gebruik.

Jacques is geroep as sterk geestelike inslag vir die Afrikaner nasie nasionaal, maar ook Suid Afrikaners  tans woonagtig in die buiteland. Hy is geroep as die “Brug” tussen die Afrikaner en die bring van besondere openbarings kennis vanuit God se Woord.  Jacques glo ook dat hy ‘n baie belangrike deel van sy persoonlike roeping is die hereniging, opbou en toerus van die Liggaam van Chrstus landwyd en slegs deur Gees en Waarheid.  Deur hierdie proses vat hy hande met soveel leiers en geestelike uitgesoektes oral in die land.

Jacques se hart is dat mense meer van Jesus moet weet en Hom waarlik sal ken. As geestelike leier en mentor is hy ‘n skakel in God se groter plan vir die land, en dra hy sy deel by tot die goeie en gesonde funksionering van die Liggaam van Christus. Profetiese woord wat God deur hom gepsreek het, het reeds kragtig manifesteer tot God se eer en glorie.   Sy visie is die oprigting van baie leiers en mentors wie God eerste raaksien voor enige mense plan of gedagtes. Hierdie is die opstaan en manifestering van die seuns van God (manifesting of the sons of God) en waarvoor die heelal alreeds reikhalsend voor wag.

Ons nooi jou uit om Vrydag oggend te kom luister na Jacques se getuienis.

Laai klankopname hier af