6 Mrt 2015 – Braam Smith

Deel die inligting!

TODAY GOD IS FIRST

Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.  

 

Web: https://tgifcape.co.za/

Facebook: https://www.facebook.com/groups/tgifdurbanville/

 

 

Spreker hierdie Vrydag:

 

Braam Smith is die geestelike mentor van Leeuhof Manne en Vroue van die Woord.

Dit is n baie arm gemeenskap naby Vereeniging, en die inwoners is totaal aangewese tot hul Staatspensioentoelaag.

 

Braam help hulle ook weekliks met kos en groente, en is die afgelope 3 jaar ook fisies hulle geestelike leier, en doen groot dinge vir die Here.

 

Doel van die toer:

 

Braam wil fondse insamel vir hierdie mensies, en beoog om hulle aan die einde van die jaar see toe te neem – vir die eerste keer!

 

Beroep:

 

1) Van Nasionaal Manne van die Woord se kant wil ons jou vriendelik versoek om Braam die geleentheid te gee om met jou manne sy visie te deel, aangesien sy droom veel groter as net die toer is!

2) Indien julle hom kan seen met n slaapplek, warm stort, ontbyt en dalk nog n vol tenk petrol vir sy maat wat agter hom gaan ry, sal dit wonderlik wees!

3) As die manne die Visie van hom finansieel wil seen, kan hulle dit in ons nasionale rekening doen nl:

~ Manne van die Woord ( Nasionaal)

Nedbank

Tjek

149 721 8292

Tak

149 745

* Verwysing: “Fietstoer”

 

Laastens: Kom ons ondersteun hierdie saak, hy doen dit alleen net vir Siele vir Jesus, en NIKS anders nie.

 

* Dorpe wat besoek gaan word:

 

1) 16 Febr – Parys en Viljoenskroon.

2) 17 Febr – Ottosdal

3) 18 Febr – Sweizer Renecke

4) 19 Febr – Warrenton

5) 20 Febr – Kimberley

6) 22 Febr – Hopetown

7) 23 Febr – Strydenburg / Britstown

8) 24 Febr – Victoria Wes

9) 25 Febr – Beaufort Wes

10) 27 Febr – De Rust

11) 28 Febr – Oudtshoorn

12) 1 Maart – Mosselbaai

13) 2 Maart – Riversdal

14) 3 Maart – Swellendam

15) 4 Maart – Caledon

16) 5 Maart – Stellenbosch

17) 6 Maart – Durbanville eindig toer…

 

Ons venote in die saak:

– Radio Kansel

– Kaapse Kansel

– Juig / Joy tydskrifte

En almal wat Braam help om hierdie room te laat gebeur…

Onthou, Braam doen nog ook die Argus  Fietstoer na afloop van die Toer ….

 

Braam , ons eer en seen jou, en mag ons Here jou bewaar op die pad.

 

Braam se nommer is :

0839977330

Bennie – sy helper

0829277040

 

Toekomstige Sprekers

Indien julle bewus is van iemand wat ’n persoonlike getuienis het om te deel, kontak asb. vir Leon of Oswald om reëlings te tref.

 

Gebed en beradingskontak:

Ons wil baie graag nog manne nooi om betrokke te raak en te help met gebed vir mekaar. Kontak gerus vir Oswald hieroor.

  

Lourens:  082 339 7728

Oswald :  079 108 9697

 

Bediening onder Moslems

Vriende een van ons boeta’s Andre van der Westhuizen is aan die hoof van ’n bediening onder moslems. Wanneer moslems se sluier gelig word en hulle Jesus aanvaar as hul Verlosser en Saligmaker word hulle vervolg en moet vlug met dit aan hul lyf.(ja self hier onder ons neuse in Kaapstad) Ons vra hiermee nie geld vir die bediening nie, Slegs dat julle dalk van die items op die lys aangeheg sal saambring TGIF toe en vir Andre gee.

 

Thailand Bybels

Sjoe, dankie vir elkeen wat ’n bydrae lewer, Marina vertrek as ek dit reg het oor so 2 weke Thailand toe en sal ons haar graag met ’n lekker geskenk terugstuur Thailand toe. Indien jy graag wil sien hoe lyk die Bybel waarvan ons praat kom maak ’n draai by my. Ons het nog nodig asb. maak asb. met Marius van Deventer of Oswald kontak indien julle betrokke wil raak. Die fondse kan gedeponeer word in die volgende rekening:

Rekening:        The Veil Trust

Bank:               FNB

Takkode:          250655

Tjekrekening:  625 1791 2011

Omskrywing:   Frontida Bybels

Dit kos R100 ’n Bybel en wil hulle graag ’n 100 versprei, dit beteken R10 000.00. Bid oor die saak.

 

Overberg: Manne van Geloof kamp

Die kamp vind plaas 13-15 Maart, click op die link onder vir verdere inligting

 

http://us10.campaign-archive2.com/?u=244272fe0ebedeaa60cc6ea9d&id=f5771784f2

 

Bydraes:

 

Bydraes tot die onderhoud en uitbreiding van dieTGIF bediening, kan gemaak word na:  

 

Rek Naam:  NG Kerk Bergsig

Verwysing:  TGIF

Bank:  ABSA

Takkode:  334810

Tipe Rek:  Lopende

Nommer:  141 059 0154

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *