Hy is gebore en het groot geword in Bloemfontein, in die hartjie van die Vrystaat. Nadat hy gematrikuleer het werk Stephan by ʼn wegneemete onderneming waarmee hy ook later in vennootskap tree.
Hy verlaat egter die bedryf en sluit vrywilliglik by die Suid-Afrikaanse weermag aan en voltooi sy basiese weermag opleiding teen middel 2000. Stephan vervul sy passie vir militêre oorlogvoering in beide die Kommando Korps asook die Reserwe Mag. As seun van ʼn befaamde sportman en ‘RSM’ is orde, struktuur en dissipline waarin hy floreer.
Stephan het ʼn besonderse liefde vir mense en sy hart is dat mense in ʼn absolute eenheid met God leef. Nog meer dat mense so ʼn lewenswyse sal aanneem. In hierdie liefde vir die kinders van God gebruik Heilige Gees hom kragtig deur geestelike gawes, onder andere die profeties. Hy tree ook op as intersessor en ‘teacher’ om die kennis van God deur die Woord en Heilige Gees suiwer en akkuraat neer te sit.
As gevolg van Stephan se betrokkenheid by intersessie regoor Suid-Afrika raak hy betrokke by ʼn Bediening met die naam van Father’s Voice. Vandag tree Stephan op as ambassadeur in die korporatiewe omgewing en is dit sy hart om Jesus aan mense voor te stel. Sodat elkeen uit liefde die ‘goeie nuus’ kragtig kan verkondig. Een van sy take is om mense op te rig, te help en te aktiveer met die einddoel dat elke persoon in oorgawe, in sy/haar skeppingsdoel/identiteit en geestelike gawes kan lewe.
Sy visie is om die leiers van Suid-Afrika toe te rus met liefde, sodat ons land deur vaders bestuur kan word.