31 Okt 2014 – Gerjo Ben

Deel die inligting!

TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.  
 
Beste Dirk
Eerskomende Vrydag is Gerjo Ben en sy geselskap aan die woord. Gerjo Ben is ’n ou bekende by ons en met sy vorige besoek ’n opvoering gedoen waarin die emosies weerspeel is van die persoon wat Jesus aan die kruis vasgespyker het. Hierdie week gaan hulle ’n opvoering oor selfmoord doen. Hy het ook ’n bediening waarin duisende eposse 3 keer per week in die vorm van dagstukke uitgestuur word. Indien jy die dagstukke sou wou ontvang gaan gerus na die webtuiste. http://kruispad.com/
Nooi asb. julle vriende. Dit beloof om ’n fantastiese oggend te wees.
Kennisgewings
Hanno Fourie:
Baie dankie aan die van julle wat reeds reageer het. Sedert ons epos vroeer die week is ’n verdere 60 kaartjies verkoop. Ons het egter nou nog 90 kaartjies beskikbaar. So moet asb. nie ophou met julle poging nie. Ons waardeer regtig julle moeite. Vir meer inligting oor Hanno Fourie en hoe julle kan bydra:http://hannofourie.co.za/
Gebed:
Ons bid elke Woensdagoggend by sleutelpunte in Durbanville. Ons vertrek 06h00 vanaf Bergsig.
Vorige getuienisse:
Kyk gerus op die webtuiste https://tgifcape.co.za/ vir opnames (aflaaibaar in mp3 formaat) van vorige getuienisse en deel die Goeie Nuus.
 
Gebed en beradingskontak
  
Lourens:  082 339 7728
Oswald :  079 108 9697   
Bydraes
Bydraes tot die onderhoud en uitbreiding van dieTGIF bediening, kan gemaak word na:  
 
Rek Naam:  NG Kerk Bergsig
Verwysing:  TGIF
Bank:  ABSA
Takkode:  334810
Tipe Rek:  Lopende
Nommer:  141 059 0154

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *