Februarie 2016 het Andre Thiart by ons kom getuig oor hulle sendingwerk in die Noorde van Mosambiek onder die Makwe mense. Hy en Annemarie is al 12 jaar daar.
Jaco vertel: “Na sy praatjie het ek hom gevra “hoe kom mens daar by julle uit?” Sy antwoord was ‘n eenvoudige “jy ry”. Ek het na die tyd vir hom gesê ons sal nog eendag ‘n draai kom maak daar.
Party van julle onthou seker nog die trekker projek na die Milange sendingstasie in Mosambiek, wat hier by Bergsig begin het en waartoe TGIF maandeliks bygedrae het. Al gewonder wat daarvan geword het? Kom luister hoe dit gebeur het, dat Jaco en Chanel op baie kort kennisgewing, die geleentheid gekry het om Julie Andre-hulle te besoek. Die wedervaringe van publieke vervoer, die pad tot by hulle, die gemeenskap wat hulle bedien, die uitdagings daar, die donkerte wat oor die hele streek hang en ons 3 dae op ‘n houtbootjie op die oop see, met branders wat voor en langs die kante oorslaan.
Wat gebeur het daar bo, nadat ons terug is, is nog baie meer amazing…”