Eerskomende Vrydag is Pieter du Toit aan die woord.
Pieter was 12 jaar in die mediese industrie waar hy finaal opgeëindig het as besigheidseenheid bestuurder verantwoordelik vir Europa, Midde Ooste en Afrika in Engeland. Tydens hierdie twaalf jaar het Pieter baie weerstand, aanvalle en isolasie ervaar agv sy uitleef van sy Christelike oortuigings en waardes in die markplek. Hy het sy MBA navorsing en studies gefokus op etiese besluitneming gedurende die laaste 5 jaar en onlangs n konsultasie begin wat daarop fokus om besigheids manne op te lei en te ondersteun, om impak in die markplek te hê sonder om hul waardes prys te gee. Pieter gaan sy getuienis in hierdie omstandighede deel asook hoe God hom tydens hierdie tyd voorberei het vir sy roeping vir die werkplek.