TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.
Eerskomende Vrydag kom deel Paul Bester sy verhaal met ons.
“Paul Bester het in Kimberley groot geword en het na skool by die SA Lugmag aangesluit waar hy as helikoptervlieënier gekwalifiseer het.
In 2008 het hy die Lugmag verlaat en in die brandbestydings industrie begin vlieg en is tans betrokke by Working on Fire waar hy Huey-helikopters vlieg.
Paul sê dat hy regtig eers tot bekering gekom nadat ek by Zané , met wie hy later getroud is, begin kuier het in 2004.
In Oktober 2013 is Zanè, noodlottig beseer in ‘n ongeluk terwyl sy fiets gery het.
Paul kom deel met ons die pad wat hy en die familie gestap het sedert daardie tragiese dag. Hoe die liefde en genade van die Here hulle gedra het en hom nog steeds dag vir dag dra waar hy en sy twee dogtertjies, Chanté, 3,5 jaar, en Sioné, 13 maande, met hulle lewens moet voortgaan.
Die een aspek van Paul se getuienis wat fenominaal is, is die ervarings en gewaarwordinge wat hy in die Geestelike realm gehad het.“
Kennisgewings
The World needs a Father Seminaar 17 Mei 2014
“Ons gemeente se manne hou op 17 Mei, die oggend, ‘n manne ontbyt by ons kerk met die tema: The World Needs a Father. Dit sluit ‘n ontbyt (meer ‘n brunch) in” – Nico Zeelie
Sien asseblief aangehegte dokument vir meer inligting.
DustBusters
Ons herinner julle aan die DustBusters se fondsinsamelinsprojek, soos per verlede week se e-pos. Hulle doelwit is om R100 000 in te samel vir Huis Jabes en Huis Andries Olivier en benodig borge.
Hulle het ook na ons beroep op fondse na vore gekom en is hulle bereid om 50% van die fondse wat ons via TGIF insamel aan ons te gee as ’n skenking.
Kamer/buitekamer
“Mark Lenz woon in die Jesus Can-huis in Kraaifontein. Hy werk op n permanente basis by my en doen baie goed. Hy is n baie goeie, betroubare werker wat sy lewe total omgekeer het. Hy is op soek na verblyf in Durbanville-Kraaifontein-area. Hy kan R1500/maand bekostig vir n kamer/buitekamer.” – Almo Bouwer
Groete
Gerhard
Ondersteunings, beradings & gebedskontakte
Bernard: 083 658 2222
Francois: 083 309 7638
George: 072 446 3412
Gerrit: 082 922 1817
Lourens: 082 339 7728
Oswald: 079 108 9697
Finansiële Ondersteuning
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:
Rek Naam: NG Kerk Bergsig
Verwysing: TGIF
Bank: ABSA
Takkode: 334810
Tipe Rek: Lopende
Nommer: 141 059 0154