22 Junie 2018 – Dewald Scholtz

Deel die inligting!

Ek het 17 Aug ’95 in Std 9 tot bekering gekom in Ceres en van dag 1 af ‘n passie gehad om mense van Jesus te vertel. Ek het 21 mense na Jesus toe gelei in die eerste 2 weke. My honger vir meer van Jesus het my toe na ‘n Bybelskool (www.ibiol.org) in Londen geneem. My pa is toe kort daarna gediagnoseer met long kanker en ek het teurg gekom SA toe. Toe my pa oorlede is het ek en ‘n vriend van my begin sendingwerk doen vir omtrent ‘n jaar waar ons elke naweek kampe aangebied het. Ons het gesien hoe die Here die eerste weergawe van ‘Turkeys & Eagles’ (www.turkeys-and-eagles.com), ‘n bordspeletjie gebruik met groot sukses met baie getuienisse. Na die jaar se kampe is ek toe weer terug England toe om Bybelskool van voor af te begin en klaar te maak. Ek het ook my vrou daar ontmoet en ons was saam in jeug bediening vir die volgende 8 jaar van ons getroude lewens. Ons het besluit om Paarl toe in 2008 waar ons baie aktief betrokke is tot nou toe. Ek doen ook tans die Manne vd Woord mannegroep in Paarl.

Laas jaar het die Here vir my en my vrou die opdrag gegee om die Turkeys and Eagles bordspeletjie heeltemal oor te develop en dis wat ons die laaste 12 maande voltyds gedoen het. Tans is die bordspeletjie beskikbaar in CUM Boeke en ek sien uit om my ‘journey’ met julle te deel, asook ‘n klomp getuienisse van wat die ons Koning aan die doen is, en hoe Hy gewone mense soos ek en jy kan gebruik om ‘n koninkryks verskil te maak.