TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.
Vrydag kom deel Sarah wat die Here op haar hart druk. Ons dames is ook baie welkom om hierdie besondere geleentheid by te woon.
Sarah is die naam wat God haar gegee het – sy is 17 jaar oud en haar wêreldse naam is Charné Janse van Rensburg. Haar bediening is ‘n profetiese bediening deur onder andere drome, visioene, ensovoorts. Sy kom praat Vrydag oor die onbeskryflike pad wat die Here die laaste paar jaar met haar geloop het en meer spesifiek oor die onderwerp: “Intimiteit met God “.
Kennisgewings
Huis Jabez
Die 3 weke skoolvakansie is op hande en daar is ‘n paar dames wat bietjie moeite wil doen met die kinders by Huis Jabez. Daar is tans 5 kinders. As dit op jou hart is kan jy gerus kom help. Skenkings van Milo/hot chocolate/aanmaak koeldrank/sap sal ook welkom wees. Die Mandjie / krat is in die kombuis met alreeds paar goedjies in.
Sien julle Vrydag!
Seën
Gerhard
Gebed en beradingskontak
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:
Rek Naam: NG Kerk Bergsig
Verwysing: TGIF
Bank: ABSA
Takkode: 334810
Tipe Rek: Lopende
Nommer: 141 059 0154