TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.
Ons spreker hierdie Vrydag is Manus Damon. Hy is op Darling gebore en op ’n vroee ouderdom sy hart vir die Here gegee, maar teruggeval in die wereld toe hy begin werk het en soveel vryeteuels gehad het. Hy het Bergsig ontdek toe hy en sy vrou vir bevryding gekom het. Moenie hierdie een mis nie.
Boegoebergkamp:
Daar is nog sowat 30 plekke beskikbaar, so agteros kan dalk nog in die kraal kom. Daar is nog heelwat betalings uitstaande, ons benodig dringend die deposito’s asb. Ontou om TGIF Kamp en jou naam te gebruik as verwysing.
Kennisgewings
Kamp
Die afsnypunt vir terugvoer is Vrydag 12 September, aangesien elke man van kursus lektuur en musiekbundels voorsien moet word. Die spyseniering benodig ook genoegsame waarskuwing.
Wanneer: 19 tot 21 September
Waar: Boegoeberg(http://www. boegoeberg4x4.co.za/)
Gasspreker: Henry Jackson gesels oor “Priester, Profeet en Koning “
Koste: R400. 00
Betaling: Betaling na Durbanville Bergsig.
E-pos asseblief jou bewys van betaling na Gerhard Swanepoel by durbanville@tgifsa.co.za
Die betaling sluit in jou ontbyt vir die Saterdag en Sondag sowel as ’n spitbraai die Saterdagaand.
Vorige getuienisse:
Kyk gerus op die webtuiste https://tgifcape.co.za/ vir opnames (aflaaibaar in mp3 formaat) van vorige getuienisse en deel die Goeie Nuus.
Sien julle Vrydag!
Seën
Gerhard
Gebed en beradingskontak
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
As enige van julle ‘n bydrae wil maak tot die TGIF bediening, is die besonderhede as volg:
Rek Naam: NG Kerk Bergsig
Verwysing: TGIF
Bank: ABSA
Takkode: 334810
Tipe Rek: Lopende
Nommer: 141 059 0154