TODAY GOD IS FIRST
Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.
Vrydag kom een van ons eie Boetas, Louis Blignaut, weer met ons deel oor die Gideons Internasionaal en hulle werksaamhede reg oor die wêreld. Hy bring ook ‘n DVD saam met een of twee getuienisse wat fenominaal is.
Verder gaan ons ook ons Boetas ‘n geleentheid gee om ‘n bietjie nabetragting oor die jaar te doen en met ons te deel wat hulle by TGIF beleef het en ook ander dinge wat hulle met ons wil deel m.a.w. kort getuienisse.
Kennisgewings
Thailand Sending
Soos julle weet is een van ons boetas Andre en Marina Olivier in Kanthararom, Sisaket, Thailand met sendingwerk. Op Saterdae bedien hulle die kinders in die omgewing. Eerskomende naweek is hul laaste geleentheid om hulle te bedien vir hierdie jaar. Hulle wil graag vir elkeen ‘n kersgeskenk gee en op die manier hulle meer van Jesus te vertel. Hulle benodig egter Fondse daarvoor. Indien die Here dalk nou met jou praat, skakel Oswald by 079 108 9697.
Gebed:
Ons bid elke Woensdagoggend by sleutelpunte in Durbanville. Ons vertrek 06h00 vanaf Bergsig.
Vorige getuienisse:
Kyk gerus op die webtuiste https://tgifcape.co.za/ vir opnames (aflaaibaar in mp3 formaat) van vorige getuienisse en deel die Goeie Nuus.
Gebed en beradingskontak
Lourens: 082 339 7728
Oswald : 079 108 9697
Bydraes
Bydraes tot die onderhoud en uitbreiding van dieTGIF bediening, kan gemaak word na:
Rek Naam: NG Kerk Bergsig
Verwysing: TGIF
Bank: ABSA
Takkode: 334810
Tipe Rek: Lopende
Nommer: 141 059 0154