13 Feb 2015 – Johan Grobler

Deel die inligting!

TODAY GOD IS FIRST

Vrydae oggende 5h30 tot 07h00, NG Kerk Bergsig-Durbanville Saal, h/v Protea en Boland Weg, Durbanville.  

 

Web: https://tgifcape.co.za/

Facebook: https://www.facebook.com/groups/tgifdurbanville/

 

Spreker:

Ons spreker eerskomende Vrydag is Johan Grobler. Hier volg ’n kort oorsig van sy lewe:

(aangeheg is ook ’n verduideliking van sy bediening)

 

Ek het in ‘n pastorie groot geword.  Baie mense neem mos aan die dominee se kinders moet ook kinders van die Here wees, maar dit is helaas nie so nie.  In my geval het die 1974 Jeug tot Jeug aksie in my matriekjaar ‘n groot rol gespeel.  Met my beleidenis aflegging in daardie jaar het ek besef dat as ek daar voor almal gaan sê dat ek die Here Jesus as my persoonlike Saligmaker ken, ek ‘n leuen gaan vertel.  Dit sal nie net ‘n leuen voor mense wees nie, maar ook voor God self!  Na ‘n stryd het ek besef dat Jesus die enigste Weg is.  Dit was ‘n lang pad van nader aan die Here groei.

 

Op die pad het ek twee seuns aan die dood afgestaan.  Ons eie seun het verdrink en ons skoonseun is in ‘n ongeluk op die plaas oorlede  met ‘n elektriese skok.  Ek het twee besighede begin en moes beide “sluit”.  In 2011 het die Here my duidelik gelei om voltyds by MegaVoice betrokke te raak.   As ek terugkyk kan ek duidelik sien hoe Hy my gedra en voorberei het vir die huidige taak by MegaVoice.

 

 

Verblyf Carel:

Carel het ’n maand uitstel gekry om te trek, so die nood is steeds daar. Indien iemand kan help kontak asb. vir Carel by carel@sasmef.org.za of by 083 440 9640.

 

 

Gebed en beradingskontak:

Ons wil baie graag nog manne nooi om betrokke te raak en te help met gebed vir mekaar. Kontak gerus vir Oswald hieroor.

  

Lourens:  082 339 7728

Oswald :  079 108 9697   

 

Bydraes:

 

Bydraes tot die onderhoud en uitbreiding van dieTGIF bediening, kan gemaak word na:  

 

Rek Naam:  NG Kerk Bergsig

Verwysing:  TGIF

Bank:  ABSA

Takkode:  334810

Tipe Rek:  Lopende

Nommer:  141 059 0154

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *