Lesotho Uitreik

bergsig jeug lesotho uitreik 2015 055
bergsig jeug lesotho uitreik 2015 028

In die Sesotho kultuur is daar nie woorde vir neef of niggie nie, net broers en susters. As jou Ma of Pa sterwe word jy deel van jou familie se gesin. Nooit was daar ‘n behoefte vir ‘n kinderhuis nie, alle weeskinders het deel geraak van die gemeenskap.

Baie van die Pa’s werk op die myne en kom net so 2 x jaar huis toe om vir sy paar vrouens en klomp kinders te kom kuier. Aids het van die myne af saam met hulle gekom en bitter vinnig versprei die laaste 10 jaar. Waar Semonkong Children Centre (SCC) sowat 5 weeskinders versorg het, het dit tot 80 gegroei vanwee hele gemeenskappe wat uitgewis word. Daar is baie gesinne in die berge waar 12 jariges aan die hoof van die huis staan.

Een van die gevalle by SCC is waar die ma oorlede is met die geboorte van haar tweeling. Die Pa het besef hy kan hulle nie versorg nie en het albei op sy rug vasgebind en 4 ure te perd later daar opgedaag. Die boetie is dood oppad, die sussie is nou 5jr oud en speel saam met ons op een van die fotos hieronder.

‘n Groep van 14 het Vrydag 30 September 2016 na SCC vertrek. Hulle het onder andere Sesotho Bybels saam geneem vir hulle en het waardevolle tyd met die kinders spandeer.  Enige bydraes vir die projek sal waardeer word.

Outreach

Capitec

1279156056

 

Jaco van Vuuren
0730176662
0219792225
0866172144 (f)  
jaco@memoryinstitute.co.za

www.memoryinstitute.co.za