Plek:
- Boegoeberg plaas naby Clanwilliam. Ongeveer 203km vanaf Bergsig NG kerk tot by die indraai na plaas. Die laaste ±12km tot by die indraai is grondpad. Vanaf die indraai is dit nog ± 2km na die kamp, die laaste gedeelte naby die kamp het ‘n steil afdraend helling wat probleme veroorsaak vir voorwielaangedrewe voertuie wat swaar gelaai is met die terugkomslag. ‘n Voorwielaangedrewe voertuig sal nie ‘n waentjie of woonwa kan uittrek nie. Hulp kan verleen word. Die pad is oor die algemeen goed.
Kampplekke
- Daar is nie bespreekte staanplekke nie, ook nie ‘n limiet op persone of tente per staanplek nie. Kamp soos julle plek kry. Moet asseblief nie op ander staanplekke parkeer nie
- Daar is KRAGPUNTE by die staanplekke, bring net “extension lead” saam
- Daar is een BRAAIER per 2 staanplekke – bring eie rooster
- Grondseile is toelaatbaar
Winkel (Snoepie)
- Hout te koop
- Ys te koop.
- Allerlei lekkers en koeldrank te koop
- Die snoepie het nie veel meer as bogenoemde items nie – die naaste winkel is Graafwater (24km) of Clanwilliam (31km)
4x4 Roetes
- 4x4 roetes moet by Sybrie de Beer betaal word (Snoepie). Daar sal begeleiding wees vir die 3 roetes, Die roetes kan as volg beskryf word:
- Roete 1: Die roete neem tussen 3 en 4 ure (±30km). Dit is slegs vir 4x4 voertuie. Daar is moelike gedeeltes wat bestuurder en voertuig sal toets. Kans om voertuig te beskadig is laag.
- Roete 2: Die roete neem ongeveer 2 ure en kan met 2x4 met “diff lock” aangepak word. Sandgedeeltes ook, maar kan vermy word.
- Roete 3: Die roete is deur ‘n droë rivierloop, deur donga’s. Kan enige tyd terugdraai. Neem 30 min tot 3 ure. Baie moelike plekke, maar kan vermy word.
Ontbyt (x 2) en Spitbraai en ander etes
- Ontbyt en koffie - Bring asb eie eetgerei(borde, messe, vurke, koffiebeker en glase)
- Spitbraai –bring asseblief eie eetgerei(bord, mes, vurk en glase) en drinkgoed
- Vrydagaand word gemeenskaplike vuur voorsien in lapa area vir vleisbraai, daar is ook roosters beskikbaar – sorg asseblief dat julle klaar is teen 20h00
- Saterdagmiddag ete moet self voorsien word, indien nodig – of honger jouself uit vir spitbraai
- Sondagmiddag ete moet self voorsien word, indien nodig
BRING ASB KAMPSTOEL SAAM NA DIE BYEENKOMSTE.