Boegoeberg Aanwysings

Boegoeberg plaas naby Clanwilliam. Ongeveer 203km vanaf Bergsig NG kerk tot by die indraai na plaas. Die laaste ±12km tot by die indraai is grondpad. Vanaf die indraai is dit nog ± 2km na die kamp, die laaste gedeelte naby die kamp het ‘n steil afdraend helling wat probleme veroorsaak vir voorwielaangedrewe voertuie wat swaar gelaai is met die terugkomslag. ‘n Voorwielaangedrewe voertuig sal nie ‘n waentjie of woonwa kan uittrek nie. Hulp kan verleen word. Die pad is oor die algemeen goed.