18 Mrt 2016 – Andre en Marina Olivier

Deel die inligting!

Die Here gebruik gewone mense

Andre en Marina Olivier is  twee passievolle navolgers van Jesus.  Hulle het gebeds uitreike na Thailand begin doen in 2012 en Julie 2013 het die roeping gekry om voltyds in Thailand, spesifiek in die Sisaket provinsie, te gaan sending werk doen.  Hulle het Frontida Outreach (Frontida is Grieks vir “omgee”) begin en dra voltyds in Thailand die Woord uit aan die Thai-mense wat nog nooit van Christus gehoor het nie. Hulle woon in Kanthararom.

Hulle kom uit ons eie geledere en kom deel met ons wat hulle die afgelope twee jaar beleef het. Kom luister na hoe God gewone mense soos ek en jy gebruik om Sy groot opdrag uit te voer.