10 Apr 2015 – Ilze Boersma

Deel die inligting!

TODAY GOD IS FIRST

 

Ilze Boersma uit Lesotho kom gesels met ons oor praktiese Christenskap. Sy woon al drie en ‘n half jaar in ‘n village waar sy deel van die gemeenskap word om sodoende mense na Jesus toe te lei.

Ons vra ook graag dat julle enige ou klere vir ons sal bring hetsy vir volwassenes, kinders of babas. Ons wil graag vir Ilze gee om saam te neem na Lesotho met haar terugkeer.

 

Finansies:

Baie dankie vir die ekstra donasies wat verlede week gegee is ons waardeer. Daar is egter nog ’n paar uitdagings. Die oplossing lê daarin dat ons as groep verantwoordelikheid neem vir die bediening. Die van ons wat gereeld bywoon kan getuig van besondere getuienisse. Ons is op soek na ’n paar manne wat bereid gaan wees om ’n vaste bedrag maandeliks te gee.

80 X R100

40 X R200

20 X R400

 

 

Uitnemendheid:

Baie dankie vir die volgende manne wat aangemeld het om te help met TGIF vir 2015

  • Leon Grobler, Paul Moller, Monty Monteith, Manus Damon, Carel Venter, Andries van der Vyver, Servaas Hofmeyer en Oswald Opperman

 

Toekomstige Sprekers

Indien julle bewus is van iemand wat ’n persoonlike getuienis het om te deel, kontak asb. vir Leon of Oswald om reëlings te tref.

 

Gebed en beradingskontak:

Ons wil baie graag nog manne nooi om betrokke te raak en te help met gebed vir mekaar. Kontak gerus vir Oswald hieroor. Ons bid ook elke Vrydag saam met die spreker, kom gesels met Oswald as jy deel van die span wil wees.

  

Lourens:  082 339 7728

Oswald :  079 108 9697

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

4 × 1 =