28 Februarie 2020 – Pieter Pienaar

Deel die inligting!

Toe ek my diensplig in die Polisie einde 1989 voltooi was ek redelik ontnugterd gewees met die lewe en die politieke situasie in die land. Ek gaan studeer toe en raak betrokke by ‘n meer linkse, “verligte” groep. Maar intussentyd raak my lewe net meer deurmekaar met meer vrae as antwoorde en ‘n kerk wat wat self deur interne struwelinge gaan en nie meer leiding kan gee nie.

In 1993 sien God my soeke en Hy lei my na die waters van rus en my hele lewe en wereld visie ondergaan ‘n radikale verandering. In 1995 gee Hy vir my ‘n vrou (ek het nie gesoek nie en het dit selfs teengestaan) en in 2001 raak ek op ‘n meer voltydse basis betrokke by ‘n sending organisasie. In 2005 “beland” ek in ‘n nuwe beroep, terwyl ek steeds betrokke is by die sending organisasie.  Vandag bestuur ek my eie onderneming terwyl ek nog steeds by die Sending betrokke is en woon saam met my vrou en 5 kinders.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

14 + twelve =