31 Januarie 2020 – Gerhard van der Westhuizen

Deel die inligting!

DAAR KOM ‘N DAG IN ELKE MAN SE LEWE OM OP TE STAAN

My pad is een wat altyd gefokus was op God se Wil vir my lewe. Dit was eers toe die uitdagings en groot mislukkings gekom het, dat my karakter en my diepte in God getoets kon word.
Die dag om ‘n keuse te maak of ek my vrou en tweejarige tweeling dogtertjies gaan in die oë moet kyk en se daar is nie kos in die huis nie. Die rede: omdat ek nie oor my eie “issues” kan kom nie. Daar was ‘n dag wat ek die regte keuses moes maak om op te staan vir myself eerste en vir hulle.
Vandag weet ek God se plan is die enigste plan vir ons lewens!

Ek is 27 jaar getroud met my skoolmeisie van matriek. Ons het 3 dogters. Ek is die oudste van 3 broers . Ek leef om mense te help uitkom by hulle pad soos God dit bepaal het. My verhoudinge op alle vlakke van my lewe is gefokus op die vestiging van God se koninkryk op aarde.

Gerhard van der Westhuizen kom lewer Vrydag sy getuienis.  Hy is ook betrokke by ons TGIF mannekonferensie volgende naweek.

#TGIF #DurbanvilleTGIF #TGIFMannekonferensie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

ten + 4 =