9 November 2018 – Andries Carstens & Leo van Buren

Deel die inligting!

Hierdie Vrydag se getuienis kom vanuit die Gideons.  Leo gaan ‘n getuienis deel van hoe hy as jong Christen met Gideons in London in aanraking gekom het.  Andries gaan aan die hand van sy ervaring in die Gideons die manne teenwoordig uitdaag om te groei in ons geestelike lewe en om die Boodskap van Verlossing uit te dra.

Andries is in die bediening vir meer as 10 jaar.  Hy  is ‘n voormalige president van die Durbanvillelaer en dien die afgelope 5 jaar op die streeksbestuur as kapelaan en areadirekteur.  Hy het ‘n passie vir die gevangenis- en rehabilitasiesentrum bediening.

Laai die Gideons se getuienis hier af!