Ongelukkig moet ons ons Vrydag oggend byeenkomste tydelik kanselleer as gevolg van die Vlak 4 inperking. Ons sal julle op hoogte hou van wanneer ons weer begin.
Kontak gerus vir Leon om aan te sluit by ons TGIF WhatsApp groep as jy nog nie lid is nie.
Ons wil jou graag vriendelik uitnooi om hierdie wonderlike geleentheid by te woon. Die konferensie gaan oor Hoopen word aangebied deur Jacques Malan van Father’s Voice en hulle span.
Kyk na ‘n voorskou hier waar Jacques ons meer vertel van die Naweek.
Waar: Bergsig Konferensiesentrum op die H/v Protea- & Bolandweg, Vierlanden, Durbanville Tyd: Vrydagaand 28 Mei 2021 vanaf 18h00 – 21h00 Saterdag 29 Mei 2021 vanaf 09h00 – 16h00.
Die koste per Boeta/persoon is R 250.00 en sluit verversings en etes in.
Bring ‘n maat saam!
Kom investeer in jou eie lewe; saai asb jou R250 in by:
N G Kerk Durbanville Bergsig Absa Tjek rek no: 1410 590 154 Verwys: KONF—Jou van
Ons sien uit met ‘n massiewe verwagting wat God hierdie naweek in elke Boeta se lewe gaan doen, dat jou dinamika sal uitkom en dat niemand onveranderd huis toe sal gaan nie.
Vir meer besonderhede and besprekings, kontak asseblief vir Leon by 084 610 1739.
Vrydag 4 September DV kom ons weer bymekaar in die kerk. Ongelukkig sal daar nie koffie en muffins bedien word nie en alle Covid reëls moet gevolg word.
As gevolg van die algehele kwarentyn wat die regering aangekondig het, sal daar geen fisiese TGIF byeenkoms by Bergsig op Vrydag oggende gehou word tot verdere kennisgewing nie. Hou asseblief hierdie webblad dop vir inligting wanneer dit hervat gaan word.
Julle is egter welkom om aan te sluit by ons TGIF WhatsApp groep waar ons elke Vrydag oggend nog steeds ‘n boodskap van ons TGIF sprekers. Hierdie boodskappe sal ook op ons Grendelstaat bladsy verskyn. Kontak asseblief vir Leon of stuur ‘n epos om op ‘n lid van die groep te word.
Ons wens is dat ons nooit weer as van selfsprekend sal aanvaar:
– om blad te skud met ‘n vreemdeling;
– koffie saam met vriende;
– om geselsies aan te knoop met ons bure;
– om Vrydagaand saam met jou geliefdes uit te gaan;
– om nagmaal te gebruik;
– lofprysing saam met ander gelowiges;
– elke asemteug in hierdie pragtige land van ons;
Ons wens dat elkeen van ons meer sal wees soos wat God ons wil hê!
Mag jy en jou gesin geseën wees;
Met die gees van die Christusfees, vrede;
Met die opgewondenheid van die seisoen, hoop;
Met die hart van kersfees, liefde!
TGIF wens jou toe ‘n geseënde kersfees en ‘n voorspoedige 2019. Sien jou weer die 11de Januarie!
Vrydag kyk ons ‘n Video oor die IT’S TIME byeenkoms in Bloemfontein. Daar gaan ook ‘n geleentheid wees vir terugvoering en getuienis van die wat daar was.