11 Mei 2018 – Klasie van Heerden

Aan die woord hierdie Vrydag is een van ons eie, Klasie van Heerden.  Hy en sy vrou Ida het hulle permanent in Thailand as sendelinge gevestig. Klasie kom gee terugvoer oor die werk wat hulle daar doen.

Laai oom Klasie se getuienis hier af!

10 November 2017 – Andre Olivier

Andre Olivier is een van ons sendeling in Thailand.  Hy en sy vrou Marina is  twee passievolle navolgers van Jesus.  Hulle het Frontida Outreach (Frontida is Grieks vir “omgee”) begin en dra voltyds in Thailand die Woord uit aan die Thai-mense wat nog nooit van Christus gehoor het nie. Hulle woon in Kanthararom.   Andre kom getuig van God se groot dade in Thailand.

Laai Andre se getuienis hier af!

13 Oktober 2017 – Eric Swanepoel

Soms gebeur daar dinge in die lewe waar jy wonder of die Here nog ooit beheer het.  Selfs of hy dalk nog omgee.  Dit kan die geval wees in jou persoonlike lewe.  Iets gebeur met jou en dan wonder jy hoe die Here so iets kan toelaat.  Soms gebeur daar dinge buite ons soos die land se politiek, of die ekonomie, of selfs die situasie op die internationale speelveld.

Die wêreld is tans in chaos.  Oorloë, Moslem vlugtelinge, 65 miljoen mense is weens die een of ander geweld of oorlog ontwortel en moes vlug vir hul lewe.  Aardbewings, vloed, hongersnood.  Baie mense vra of die Here ooit nog beheer het.  Eric is pas terug vanuit Libanon nadat hulle verskeie vlugtelingskampe, gemeentes en gelowiges besoek het.  Daar is net een boodskap…DIE HERE IS AAN DIE BEWEEG, TEN VOLLE IN BEHEER EN ONGETWYFELD BESIG OM TE MIDDE VAN DIE CHAOS WONDERWERKE TE DOEN.

Eric kom deel met ons sy ervaring van wat die Here tans doen in hierdie Moslemlande.

Laai Eric se getuienis hier af!

18 November 2016 – Eric Swanepoel

Oor die Here se grootheid, Sy goedheid en Sy versorging!

Eric het by ‘n vorige geleentheid met ons gedeel hoe die Here hulle gesin geroep het van predikant by Bergsig na ‘n INcontext Ministries.  Hierdie nuwe roete sou gekenmerk wees deur geen finansiële sekuriteit nie, net die belofte van die Here dat Hy hulle geroep het en hulle instaat sal stel om toe doen waarvoor hulle geroep is.  Eric en Surita is amper ‘n jaar en ‘n half weg as predikant by Bergsig gemeente en voltyds werksaam by INcontext Ministries waar hulle nou saam werk met die kerk in vervolging.  Hulle getuig graag oor die Here se grootheid, Sy goedheid en Sy versorging… 
Job 42:5  “Tot nou toe het ek net gehoor van wat mense van u sê, maar nou het ek U self gesien.”  

Laai klankopname hier af!

11 November 2016 – Leon du Toit

Hierdie Vrydag gaan Leon du Toit met ons kom gesels.  Leon is ‘n sendeling in die Ukraine en Rusland.  Leon het ook vroeër vanjaar in Februarie met ons gesels.  Sy getuienis is hier beskikbaar.

Leon gee vir ons die volgende agtergrond:

“Van jongs af het ek die gevoel gehad dat ek eendag sendingwerk sal doen.  Baie duidelike roeping in my matriekjaar – drie keer na mekaar: ‘..gaan uit jou land en uit jou Vader se huis na die land wat ek jou sal wys..’ (Gen.12:1) 

Baie belang gestel in Japan Sending.  Na paar jaar se opleiding sou ons 1974 Japan toe gaan vir voltydse sendinwerk.  Kort voor ons vertrekdatum is ons visums na Japan gekanselleer agv ‘n totale visumboikot teen Suid Afrika.
Begin 1975 het ons Stellenbosch toe gegaan waar ek my bekwaam het as NG predikant.

Eers in 1995 het die deur vir Suid Afrika were oopgegaan vir buitelandse sendingwerk.   Ek is toe uitgenooi deur Mission Emanuel in Kiev om jongmense op te lei vir geestelike werk in die vorige Sowjet Unie lande. 

Augustus 1995 het ek en my vrou en twee jongste kinders Oekraine-toe gegaan.   Die eerste drie jare in Kiev was besonder geseend en duisende mense het tot bekering gekom en baie kerke is geplant.

 Die afgelope 12jaar baie sterk fokus op Rusland. Wonderlike werk van Heilige Gees wat Christus verheerlik en talle dwelmverslaafdes se lewens totaal getransformeer en kerke word geplant en sterk groei, ook in Siberie.  90% van die jong predikante in Siberie kom vanuit dwelms en tronke!”

4 November 2016 – Paul Ferreira

Paul kom vertel vir ons van hulle werk in Nepal.

Ek was besig om ‘n krieket loopbaan na te streef toe die Here my red en die deure daarvoor in my lewe toemaak. Van toe af lei Hy my om voltyds in sending betrokke te wees. Ons woon tans in Nepal en voor dit 4 jaar in Noord Indië waar ons fokus op kerk leier opleiding asook kerkplanting in onbereikte mensegroepe.

 Laai klankopname hier af!

19 Augustus 2016 – Sheila Klinkenberg

“Die pad wat Hy met my stap!” 

Op 8 jarige ouderdom het Sheila vir die Here gesê sy wil graag deel wees van die Geestelike stryd in die Ooste. Sy het nie altyd dit voor oë gehou nie, maar HY het! Sheila sê “Elke persoon het ‘n unieke lewensplan – Hy wag net tot ons uitroep na Hom om dit tot vervulling te bring.”

Sheila kom kom getuig Vrydag oor die pad wat Hy met haar stap!

 Laai opname hier af!