19 Feb 2016 – Dr Lena Kravtsov and Dima

They have a vision burning in their hearts to build up a ‘medical mission practice’.

Dr Aleksander Kravtsov and his wife Lena are medical doctors in Haifa, Israel.  They live a sacrificial lifestyle of constantly serving people. 

Aleksander and Lena emigrated, together with thousands of other Slavic Jews from Russia and other countries of Eastern Europe, to Israel.  They were Orthodox Russian Jews that ‘discovered’ Jesus as their Messiah after they came to Israel.  A Messianic Church in Ukraine became their covering and they started a Messianic Congregation. When we were there they had 75 very dedicated and active members in the congregation.  The church is constantly growing and is taught to be actively involved in their community by serving and caring for the needy and through ‘friendship evangelism’ introduce others to Jesus as their Saviour and Messiah.

For this visit only Lena could come to SA.  She will share their vision and passion for Israel to come to the revelation-understanding that Jesus is their true Messiah.  They have an extremely full program in both their congregation and their medical practice. Alexander’s responsibilities, both as pastor and surgeon, were such that he could not make the time to come to SA now.

They are both great visionaries with real pioneer spirits.  Lena is an excellent communicator and is able to give a lot of info about Israel.  She will be able to share with understanding how to share the Gospel with Orthodox Jews.  They have a vision burning in their hearts to build up a ‘medical mission practice’. There is an urgent need and opportunity for that in Israel.   They have a few other doctors in their congregation and they already started with ‘Mercy Ministry’ where doctors, in their free time, serve the people in need.  At present they are renting one floor of a building for their ministry. They want to rent the second floor for their Medical Mission Practice.

Lena is bringing with her a very interesting and informative video that they made about their work and vision and also with important facts and info about the current situation in Israel.  Dima, an excellent young interpreter from their parent church in Ukraine, who has been to Israel often and is also very involved with their mission.  He came with Lena to South Africa.  He speaks fluent English and will be Lena’s interpreter from Russian to English.

Please look at their website:

2016-02-19 Leon du Toit

 

12 Feb 2016 – Julanie Kok

Met God kan jy enigeiets oorleef:

Hoe oorleef mens as jy op 11 jarige ouderdom dink jy kan nooit hemel toe gaan nie, want jy kan nie jou pa vergewe nie.  Hoe sien jy God as jou Vader wanneer al voorbeeld wat jy het jou eie bloedpa is wat jou verneder en verniel.  Kom luister asseblief Vrydag oggend vir Julanie Kok wat ons meer gaan vertel van God in haar lewe.

.

5 Feb 2016 – Charl Cilliers

Eerskomende Vrydag is Charl Cilliers aan die woord.

 

Charl en Annetjie Cilliers bly ongeveer 2000 km bokant Maputo Noord van Mosambiek op die basis van OM (Operasie Mobilisasie).  Onder andere reik hulle vandaar  uit na die onbereiktes met die goeie nuus van Jesus Christus ons Verlosser.  Charl was ‘n boer in SA en het ‘n hart vir ons eie mense en omstandighede waarin hulle hul bevind.  Hulle is dus  besig om mense te bedien en ondersteun as hulle hier is is.

.

29 Jan 2016 – Pieter du Toit

Eerskomende Vrydag is Pieter du Toit aan die woord.

 

Pieter was 12 jaar in die mediese industrie waar hy finaal opgeëindig het as besigheidseenheid bestuurder verantwoordelik vir Europa, Midde Ooste en Afrika in Engeland. Tydens hierdie twaalf jaar het Pieter baie weerstand, aanvalle en isolasie ervaar agv sy uitleef van sy Christelike oortuigings en waardes in die markplek. Hy het sy MBA navorsing en studies gefokus op etiese besluitneming gedurende die laaste 5 jaar en onlangs n konsultasie begin wat daarop fokus om besigheids manne op te lei en te ondersteun, om impak in die markplek te hê sonder om hul waardes prys te gee. Pieter gaan sy getuienis in hierdie omstandighede deel asook hoe God hom tydens hierdie tyd voorberei het vir sy roeping vir die werkplek.

22 Jan 2016 – van Heerden Herman

Eerskomende Vrydag luister ons na van Heerden Herman se ondervinding dat die Here ‘n werklikheid is.

 

Van Heerden het voor 2000 gestudeer, diensplig gedoen en in die Menslike Hulpbronne veld werksaam gewees. Einde van die 90’s het daar ‘n aantal drastiese dinge in sy lewe gebeur. Sedert 2000 is hy permanent in voltydse bediening tot vandag toe, hoofsaaklik onder plaaswerkers in die Wes-Kaap, sendingbetrokkenheid in buurlande, gebedsmobilisering en die mentor en leiding gee van jong gelowiges.

 

Kom luister na van Heerden Herman se ondervinding dat die Here ‘n werklikheid is. 

Baie dankie vir julle gebede laas Vrydag vir die droogte.  Ons wil julle graag nooi om aksie by ons gebede van verlede Vrydag te sit en julle nooi om water te bring, gebottel en kraanwater.  Ons vra dat julle dit Vrydagoggend bring of julle kan dit ook deur die week by kerk aflaai.

13 Nov 2015 – Marius Heyns

Eerskomende Vrydag is Marius Heyns aan die beurt. 

 

My getuienis is die verhaal van ‘n God wat nie opgee op jou of jou in die steek laat nie.

My verhaal begin waar God ingryp en my lewe bonatuurlik spaar na ‘n ernstige fiets-ongeluk. Nadat ek die besluit geneem het om Jesus te volg, begin my lewe die patroon van ‘n hedendaagse Jona aanneem:

Ek hardloop weg van Sy roeping vir my… Toe ek wel die geleentheid aangryp om Sy roeping te volg, misluk ek in my poging (vanuit my perspektief). God moes kom ingryp in my – en dis waarmee Hy tans besig is met my…

 

 

23 Okt 2015 – Surita Cowley

Eerskomende Vrydag is Surita Cowley aan die beurt.  So klink haar storie:

 

Ek was getroud om uit te vind my man is gay, ‘n alkoholis en ook pedofiel.  Is geskei en het ‘n baba van 6 maand oud gehad.   Was 5 jaar later weer getroud en in ‘n erg abusive huwelik vir 12 jaar.  Is toe weer geskei.  Deur dit alles was GOD aan my sy gewees. 

Toe in 2012 word my kind vermoor – Gumtree moord hier by Century City.  Ek het ook reeds sy moordenaar besoek in die tronk.